Stolla en Frans speel golf 

 

Al is dit nou n  hele paar jaar na ons opwindende militęre dae, moet ek hierdie ervaring met julle deel aangesien  2 van ons oudlede betrokke is. Veral onse Frans Louis Smit was gewis een van die eenheid se mees kleurvolle karakters. Sommige sal nog goed sy herboude R1, boomhuis en ander vindingryke eksperimente onthou.

 

Ek het gister die voorreg gehad om saam met Stolla en FL n rondte golf te loop. Ekself weet nie veel van die sport nie, maar dit was gewis n belewenis.Hulle gebruik termes soos “skins”, “par”, “handikap”, “bogey”, “birdey”, Hadeda en alle ander vreemde woorde wat n leek soos ek glad nie verstaan nie.Baie natuurbewus en omgewingsvriendelik klink dit vir my. As n ding nie kan skiet nie, of opgesaal kan word nie, is ek maar redelik in die duister. Ek assosieer ook die woord “handicap” met Freek en Thai, en Prins vd Merwe se taalgebruik.

 

Die dragregulasies sal ook enige RSM trots maak. Die nierskoppers is sulke blink duur modelle met kort spykertjies. Dan is daar die oulikste paar bontwit sokkies met name soos Birdi, Tweeti en Sweeti.Te oulik. Dan dra hulle van hierdie kort langbroeke( of is dit lang kortbroeke?) met n gholfhemp.

Net voor die afslaan word daar vriendelik gegroet en die opposisie word sterkte toegewens met die mees kunsmatige glimlagte denkbaar.Die opposisie was n dik  Engelsman en n olierige Libanees. Veral die Libanees het doodseker gemaak dat ek nooit golf as n sport sal opneem nie. Blykbaar is hy n ryk man wat daaraan gewoond is om op sy werknemers te skree. Toe ek vroeg in die wedstryd n beleefde vraag uit onkunde gevra het, het die man my sonder enige seremonie stilgemaak, wat natuurlik glad nie goed by my afgegaan nie. Na ek egter aan hom verduidelik het dat dit moontlik is om van n golfstok n strikdas te maak en dat ek meer as bereid is om dit aan hom te bewys, het hy gretig ingestem om my met graagte met raad en advies te bedien, ongeag van hoe ongerieflik dit mag wees.

 Nou begin die spel. Na elke hou (veral die afslaan) deel almal komplimente uit oor watter wonderlike hou dit was, en as dit n swak hou was, is almal simpatiek en vertel net hoe gou hy vorentoe sal regkom. As die slaner egter sy gat draai, lag die opposisie lekker in hul mou en mompel onsimpatieke uitdrukkings soos "Lekker gemis jou P, D, K en ander beskrywings wat gewoonlik verband hou met die anatomie. Veral Stolla het so n lekker sadistiese laggie wat my onrusbarend baie aan n man met die naam van Hannibal Lechter laat dink. Ek het altyd gedink dat golf n sport vir opgevoede mense en ware here is, maar ek het nog nooit n aktiwiteit gesien waar n man se taalgebruik in so n kort tydjie, so kan verswak nie. Golf uitrusting moet ook van uiters duursame materiaal vervaardig word want die stokke word gereeld herhaaldelik teen die grond gekap( in n verwoede byl aksie) of word baie ver gegooi sonder dat dit breek.

 n Goeie hou is een wat gewoonlik op die korter gras beland en redelik sigbaar is, en ook sonder die hulp van snuffelhonde en metaalverklikkers opgespoor kan word. n Minder goeie hou eindig gewoonlik op in n strawwe oogskerpingsoefening. Dis seker hoekom onse Frans n spaar bal of twee in sy sak ronddra.As jy niks weet van golf nie, hoef jy net die arme sakdraer se lyftaal dop te hou. As die arme man soos n verskrikte kiewiet begin rondskarrel, dan weet jy dit gaan glad nie goed met sy tydelike werkgewer se spel nie. Gewoonlik het dit ook n negatiewe inpak op sy fooitjie na afloop van die spel.

 Sommige van die afslane het my ook baie laat dink aan Babe Ruth en ander beroemde bofbalspelers. Niks van daai mooi elegante houdings waarna die slaner die bal vir n paar oomblikke agterna kyk, en dan die stok met n glimlag vir sy sakdraer aangee nie. Na die afslaan trek die stok soms verder as die bal.

 Na 9 putjies is dit langpouse en dan eet en drink die manne iets by die klubhuis. Hier het ek ontsnap, want ek kon nie langer hierdie duurbetaalde marteling aanskou nie.

Ongelukkig het ons span ook verloor. Die bedrae geld wat ook hier betrokke is, kan nie op skrif gesit word nie, want dit kan moontlik net later deur n wraaksugtige wederherf in n egskeidingsgeding gebruik word as bewyse van n spandabelrige man. Veral as jy n onderbetaalde staatsamptenaar is.

 

Johan Stander.

  

Return to Previous Page