Die Gomsnuiwer

 

As ek reg onthou was daar in 1986 n diensplig tiffie wat  by die bandeherstel afdeling gewerk het op Buffalo. n Doodgoeie seun, maar die mannetjie het ongelukkig die slegte gewoonte gehad om sy snoet so gereeld as moontlik in n gomblik te druk en dan te snuif tot sy neusvleuels soos n resiesperd sín staan! Dis waarskynlik n slegte gewoonte wat hy in sy kinderjare aangeleer het, aangesien hy n produk van die Johannesburgse sementgrotte was.

 

Nou, n ambagsman wat feitlik die hele dag die werkspaas vol steier, is nie van veel nut vir mens of dier nie. As hy maar by die ligte buisies Bostik gebly het waarmee hy groot geword het, sou hy waarskynlik sy daaropvolgende terapie vrygespring het. Toe hy egter die eerste keer sy snawel in een van die blikke druk wat vir bandeherstel gebruik word, was hy n verlore man. Die gom was so sterk, dat na n paar teue, het hy vir n paar ure, soos een van Jamie Uys se bedwelmde vlakvarke in Beautiful People rondgesteier! Hy het waarskynlik n leŽ blik as n kopkussing gebruik en sy gunsteling leesstof was seker katalogusse van nuwe produkte.

 

Te verstane was sy meerderes erg besorg oor hom, en omdat hierdie n definitiewe mediese probleem was, is die geval na die hoofmedikus, Dr E Viljoen verwys. Na n deeglike ondersoek, en konsultasie met sy mede medici, is die snuiwer toe vir n week se terapie, onder terapeut Lusaka verwys.

 

Lusaka was n ou ervare terapeut wat nog uit die ou skool gekom het. Sy rehabilitasie program het grootlik bestaan vars lug, genoeg gesonde oefening en vroeg opstaan, sodat jou innerlike wese kon aansluiting vind met die pragtige natuurskoon daarbuite die instituut. Die voedsel inname was van so n aard dat die ou dikderm homself nooit oorwerk het nie, terwyl al die ander spiergroepe oorgenoeg gesonde blootstelling gekry het. Sy rehabilitasie uitrusting en hulpmiddels het ook nie befaamde handelsname soos Mercano, Lego of Monopoly gedra nie. Om nader aan die natuur te wees, is olifant femurs, en verskeie ander voorwerpe, vervaardig uit staal en sement, gebruik. Alles produkte uit moeder aarde, om jou soveel nader aan die natuur te laat voel. Per toeval, ook aansienlik minder breekbaar.

 

Lusaka was so n goeie en effektiewe terapeut, dat die snuiwer na 3 dae daarop aangedring het om Dr Viljoen te sien, aangesien hy oortuig is dat hy nou volkome genees is van sy vorige lastige probleempie. Hy het  die dokter ook verseker dat hy nou so goed voel, dat hy reg is om onmiddelik terug te keer werk toe, en dat n paar dae se herstelverlof glad nie nodig is nie! In Dr Viljoen se spreekkamer het hy plegtig belowe dat hy permanent, onvoorwaardelik, definitief, ongetwyfeld, baie dankie dokter, ens, ens, genees is van die vorige nare gewoonte.Hy wou ook niks weet van terugkeer na die bandeherstel afdeling toe nie, aangesien die skadelike walms te veel sou wees vir sy sensitiewe neusvleuels, longe en oorblywende breinselle.

 

Voorwaar n merkwaardige prestasie, as jy in ag neem hoeveel die normale man op straat spandeer om van so n gewoonte ontslae te raak.

 

Sers. H.J. Stander       

32 BN

1982 Ė Dec 1986

Return to Previous Page